fbpx

Maak gebruik van die belastingvoordeel voor 28 Februarie

Die spesifieke doel van jou aftreefonds is vanselfsprekend om toe te sien dat jy op ‘n punt in jou lewe kan kom waar jy rustiger kan word, en as jy werklik gelukkig is, kan jy dalk selfs aftree.  Hierdie groep mense word ongelukkig wel al hoe kleiner in Suid-Afrika weens die onvermoë van die 94% meerderheid om doeltreffend vir aftrede te spaar.

Juis daarom moedig ons land se goewerment ons aan om vir aftrede te spaar en daarom is jou pensioenbydraes belastingaftrekbaar, tot 27.5% van jou belasbare inkomste, tot ‘n maksimum van R350 000 per jaar.  Dit beteken eenvoudig dat SARS jou in effek help om jou aftree-voertuig te befonds.  Deur vir aftrede te spaar, groei jy nie net jou neseier nie, maar verminder jy ook jou belastinglas.  Indien jy nog nie die volle voordeel hiervan benut nie, mis jy uit.

Diegene wat nie deur die finansiële jaar by die 27.5% kerf uitgekom het nie, word die kans gegun om ad-hoc per lompsom by te dra tot jou aftreefonds, om sodoende die maksimum belastingvoordeel te benut.

Ek staan jou met graagte by en doen gratis jou berekeninge.  Deur my samewerkingsooreenkoms met Enslins Bloemfontein, kan ek jou aan hul professionele span voorstel, indien jy met hulle wil gesels oor jou boekhouding of belastingkwessies.

Jy sal wel spoedig met my ‘n afspraak moet bevestig, siende dat ad-hoc fondse vir veiligheidsonthalwe reeds teen 25 Feb in die korrekte aftreevoertuig moet wees.

Dit is vanselfsprekend dat tyd uiters beperk is om hierdie proses vir baie kliente teen 25 Februarie af te handel.  Maak met my kontak vir ‘n afspraak.   

STAY UP TO DATE

Join our newsletter by providing us with your details.

ABOUT

At Opulentia you can always be assured of top class solutions for Life-Insurance, Investments, Group Schemes, Medical Aid, Short-Term Insurance, Wealth Management, Employee Benefits, Trust and Estate Planning Services and Risk Management. Opulentia Financial Services has financial solutions for you and your company…

PARTNERS

LIBERTY • MOMENTUM • HOLLARD • DISCOVERY • OLD MUTUAL • SANLAM • ALEXANDER FORBES • ALTRISK • CIA • CIB • KING PRICE • KEU • HIC • ONE SURE • NEW WHEELS • MUTUAL & FEDERAL • PPS • RENASA • RISK GUARD • BRYTE • SAFIRE • MERX HCV • WESTERN • SANTAM • STILUS • THATCH • VAPS HCV • F&I • FRONTLINE • EXECULINE • CYCLE SURE • CORPORATE SURE • CAPTIVE • CROSS COUNTRY • ASSURANT • AUTO GENERAL • AIRSPACE AFRICA • CAMARGUE • BNB SURE

© Opulentia 2019 | Privacy Policy | TSD Group

Silverlake Trading 305 (PTY) LTD t/a Opulentia is an authorized financial service provider Fsp no. 34437